-

God's Vision for You and the World

aarde

  • n Gebed uit "Stukkies van die hemel op aarde" 'n boek geskryf deur professor Dirkie Smit:

    “Ons bring die nood en die klag van ons wêreld voor U,
    Gewer van alle goeie gawes –
    Ons roep saam met hulle, ons sug saam met hulle,
    Met almal wat nie daaglikse brood het nie,
    Kinders sonder kos, gesinne sonder huise,
    Ouers sonder werk, armes sonder hoop.
    Ons roep saam met almal wat honger en dors na geregtigheid,
    Wat smag na vrede, wat vergaan onder geweld en misdaad,
    Wat leef in ewige vrees.
    Onferm U tog oor ons.

    Ons tree in voor U troon van genade, barmhartige Vader,
    Vir almal wat ly onder die gierigheid
    En die hebsug van ander,
    Onder misdaad, onder misbruik, manipulasie en selfsug.
    Ontferm U tog oor ons.

    Ons bely voor U, regverdige Regter, ons eie aandeel, ons eie verantwoordelikheid,
    Ons eie aandadigheid, ons eie betrokkenheid,
    Ons eie versuim, ons apatie, ons skuld –
    In hierdie nood en klagte,
    Wat opstyg tot in die hemele.
    Ontferm U tog oor ons.
    Amen”

"... on earth, as it is in heaven"