-

God's Vision for You and the World

jesus super star history 2018

stress free living red 3

marriage world hope

family world hope

finances world hope

work world hope

community

 Kommentaar deur 'n besorgde pa en oupa oor Die Burger se Hoof Artikel 3 Junie 2014

i.s. "Hou by die Skeiding van kerk en staat".

 Die Here is baie duidelk in Sy Woord dat elkeen van ons, alle organisasies en die staat verplig is om alle inwoners te respekteer en te sorg dat reg en regverdigheid vir almal moet geld, wat insluit die reg tot vryheid van geloof en spraak.

Almal van ons, en ook die geagte Hoofregter Mogoeng, het tans nog die reg tot vryheid van geloof en spraak om:
  1. Te se wat op sy hart is en

  2. Die kiesers en die wetmakers bewus te maak van die Here se wette voor hulle stem en wette maak wat teenstrydig is met die Here se wette, en wat dus volgens die Bybel tot nadeel van die burgers van die land sal wees.


Enige burger wat vir sy mede landgenote omgee sal graag vir hulle wil uitwys wat die nadelige gevolge van hulle ongehoorsaamheid aan die Here se natuur, geestelike, politieke en finansiele wette sal wees. Soos wat ons iemand wie nie van die natuur wet van gravitasie bewus is nie sal inlig en waarsku, so ook is dit ons plig om mekaar in te lig en te waarsku oor die Here se ander wette wat geld vir die ekonomie en die politiek

Die Here stel nie in 'n godsdiens of 'n denominasie belang nie, maar wel in 'n persoonlike verhouding met elke persoon. Die Here is 'n 'minnaar' en nie 'n 'verkragter' nie. Hy sal nooit enige leser van Die Burger of enige landsburger dwing om 'n verhouding met Hom te he nie.

Die vraag in die hoof artikel van gister behoort dus nie te wees "watter godsdiens of denominsasie of mens 'n rol in wetgewing moet speel nie?", maar wel die volgende vrae: 


1. "Is die Bybel die Here en ons Skepper se Woord? Ja of Nee?"

2. Wie en Wat is die Oppergesag? "
    Is dit die Here en Sy Bybel ?
    of
    Is dit die mens en sy konstitusies en sy menseregte?

3. "Bevat die Bybel:

     -  Die Here se praktiese wette oor hoe ons met alle mense moet saam lewe?

     -  Die Here se beloftes van Sy liefde, vergifnis, seen en Sy lewe van oorvloed?

     -  Die Onse Vader gebed?

        Ek noem dit ook die Here se H.O.O.P. (Hemel Op Ons Planeet) gebed,
        "Laat U naam geheilig word, U koningkryk kom en U wil geskied HIER, in RSA en Afrika en die Wereld ...soos dit is in die hemel"

4. "Is daar in die hemel besoedeling, armoede, baie ryk en baie arm mense, familie
geweld, korrupsie, diefstal, moord, ens?"

5. "Behoort die Here se Woord en Sy voorbeeldige kinders nie te dien as die 'sout',
'lig' en 'suurdeeg' in die gemeenskap en staat nie? "

Ons sal sien of Die Burger redaksie die vryheid van spraak en geloof sal eerbiedig en handhaaf deur die volle inhoud van hierdie skrewe te publiseer.

Mag die Here Suid Afrika en Afrika en al sy mense genadig wees en seen!


Matthys

 

Dr Matthys de Kock
 
Rejoice, Pray &  Stand together for:

     FREEDOM & H.O.P.E for All

       Heaven On Planet Earth

            "as it is in heaven"

 

"... on earth, as it is in heaven"